So voer ek my honde

Voorheen het my honde heeldag toegang tot kos gehad totdat Buksie, ‘n Jack Russel-terriër, by die trop aangesluit het. Buksie het gereeld reëls en grense getoets totdat ek besluit het om die advies van ‘n aantal honde hanteerders te volg, insluitend dié van Cesar Milan, en het net een keer per dag begin voer. Dit het gesorg dat Buksie meer aandag aan my gegee het en my meer beheer oor hom gegee het.

My voedingsroetine.

Wissel voedingstye sodat hulle nie bepaal wanneer ek hulle moet voer nie.
Verander die voerplek gereeld.
Gebruik jou hande om die kos in bakke te sit sodat jou reuk met die kos kan meng.
Laat die hond vir sy kos werk deur hom daarop te laat wag.
Hulle mag slegs eet as jy die opdrag gee om te eet.
Indien hulle nie al hul kos dadelik eet nie, moet jy dit verwyder tot die volgende voeding.

Onthou: die persoon wat die kos- en ritueel beheer, word meer geredelik as die leier van die trop beskou.