Strekke

Fokus hoofsaaklik op dinamiese / ritme strekke wat nuttig is om jou liggaam voor te berei vir sprong-items in atletiek. Hier is ‘n paar strekke:

Dinamiese strekke (beenswaaie, heupsirkels, armsirkels)

  • Doen beenswaai vorentoe en agtertoe of van kant tot kant, heupsirkels en armswaaie om die liggaam los te maak.
  • Dit verhoog buigsaamheid en omvang van beweging vir effektiewe prestasie in beide spring en gooi.
  • 15 tot 25 swaaie per ledemaat.

Hoë knie draf (High Knees)

  • Begin deur regop te staan.
  • Lig jou knieë een vir een so hoog as moontlik en so vinnig as moontlik op, terwyl jy op die plek draf.
  • Beweeg jou arms saam met jou bene om ritme te behou.
  • Dit verbeter dinamiese beweeglikheid van jou heupe en knieë, en aktiveer jou kernspiere.
  • 3 stelle van 10 sekondes. Skep 30 sekondes asem tussen herhalings.

Hakslaan (Butt Kicks)

  • Staan regop en draf op die plek.
  • Skop jou gluteus (boude) in ‘n draf aksie.
  • Swaai jou arms in ‘n lopende beweging saam om balans te hou.
  • Dit help met die opwarming van die hamstringe en boude.
  • 3 stelle van 10 sekondes. Skep 30 sekondes asem tussen herhalings.

Skaats Spronge

  • Begin met jou voete skouerbreedte uitmekaar.
  • Spring na die kant terwyl jy op een been land, bring die ander been agter die staande been sonder om die grond te raak.
  • Wissel kante, en herhaal hierdie sywaartse spronge.
  • Dit verbeter jou sywaartse spoed en stabiliteit, terwyl dit jou enkels en knieë opwarm.
  • 3 stelle van 15 treë met genoeg rus tussenin.

Lunges met Arm-swaaie

  • Maak ‘n stap vorentoe in ‘n lunge-posisie en swaai jou arms oor jou kop.
  • Stap terug na die beginposisie en herhaal met die ander been.
  • Dit rek jou heupe, quads, en skouers terwyl dit jou dinamiese beweging verbeter.
  • Herhaal 5 keer per been.

Krag Spronge (Power Jumps)

  • Begin in ‘n hurkposisie.
  • Spring so hoog as moontlik op, en land dan weer in ‘n hurk.
  • Herhaal 15 keer.
  • Dit verbeter jou springhoogte en beenkrag.

Plofkrag
Oefen program
Hoogspring
Verspring
Visualiseer hoogspring
Visualiseer vêrspring