Fokus hoofsaaklik op dinamiese / ritme strekke wat nuttig is om jou liggaam voor te berei vir sprong-items in atletiek. Hier is ‘n paar strekke:
Dinamiese strekke (beenswaaie, heupsirkels, armsirkels)
- Doen beenswaai vorentoe en agtertoe of van kant tot kant, heupsirkels en armswaaie om die liggaam los te maak.
- Dit verhoog buigsaamheid en omvang van beweging vir effektiewe prestasie in beide spring en gooi.
- 15 tot 25 swaaie per ledemaat.
Hoë knie draf (High Knees)
- Begin deur regop te staan.
- Lig jou knieë een vir een so hoog as moontlik en so vinnig as moontlik op, terwyl jy op die plek draf.
- Beweeg jou arms saam met jou bene om ritme te behou.
- Dit verbeter dinamiese beweeglikheid van jou heupe en knieë, en aktiveer jou kernspiere.
- 3 stelle van 10 sekondes. Skep 30 sekondes asem tussen herhalings.
Hakslaan (Butt Kicks)
- Staan regop en draf op die plek.
- Skop jou gluteus (boude) in ‘n draf aksie.
- Swaai jou arms in ‘n lopende beweging saam om balans te hou.
- Dit help met die opwarming van die hamstringe en boude.
- 3 stelle van 10 sekondes. Skep 30 sekondes asem tussen herhalings.
Skaats Spronge
- Begin met jou voete skouerbreedte uitmekaar.
- Spring na die kant terwyl jy op een been land, bring die ander been agter die staande been sonder om die grond te raak.
- Wissel kante, en herhaal hierdie sywaartse spronge.
- Dit verbeter jou sywaartse spoed en stabiliteit, terwyl dit jou enkels en knieë opwarm.
- 3 stelle van 15 treë met genoeg rus tussenin.
Lunges met Arm-swaaie
- Maak ‘n stap vorentoe in ‘n lunge-posisie en swaai jou arms oor jou kop.
- Stap terug na die beginposisie en herhaal met die ander been.
- Dit rek jou heupe, quads, en skouers terwyl dit jou dinamiese beweging verbeter.
- Herhaal 5 keer per been.
Krag Spronge (Power Jumps)
- Begin in ‘n hurkposisie.
- Spring so hoog as moontlik op, en land dan weer in ‘n hurk.
- Herhaal 15 keer.
- Dit verbeter jou springhoogte en beenkrag.
Plofkrag
Oefen program
Hoogspring
Verspring
Visualiseer hoogspring
Visualiseer vêrspring
